Meer as 200 kunstenaars en vermaaklikheidsterre binne jou bereik
Ontsluit die beste in vermaaklikheid
Toegewyd tot kwaliteit vermaak.
Artist Warehouse tree op as vermaaklikheidskonsultante in die Suid-Afrikaanse teater- en musiekbedryf. Met 25 jaar se ondervinding op ons kerfstok, waartydens ons vermaak verskaf vir van Suid-Afrika se grootste en mees glansryke geleenthede, van kunsfeeste tot intieme partytjies, verstaan ons wat elke funksie UNIEK is. Elke kliënt, elke begroting en elke funksie verskil van die ander en daarom behandel die Artist Warehouse span elkeen van sy kliënte volgens hul spesifieke behoeftes en verwagtinge.
Ons passie is ons werk en ons werk is ons passie. En ons het ure se pret terwyl ons dit doen. Verhoudings is die kern van ons besigheid, en daardeur word kliënte ook vriende. Artist Warehouse tree op as agent vir: Hannes van Wyk, Frank Opperman, Marion Holm, Lizz Meiring, Dieter Voigt, Derrich Gardner, Pedro Kruger & Marinda Engelbrecht, Jak de Priester, Therese Bam, Hoezitsamelewing, Ouderdoos en Desiré Gardner.
Sommige van ons
eksklusiewe kunstenaars
Ontdek ons uiteenlopende lys van kunstenaars, sangers en akteurs,
gereed om jou funksie of geleentheid te omtower tot ‘n onvergeetlike ervaring!

Francois Boyce
Ek het nog altyd geglo as jou drome jou nie bang maak nie, droom jy nie groot genoeg nie…

Dieter Voight
Dieter Voigt leef die woorde uit waarmee hy ander inspireer. Hy lewe VOLUIT!!

Hannes van Wyk
Dié Kwêla-aanbieder besoek elke week kykers se sitkamers saam met van Suid-Afrika se geliefdes en gewildstes.

Jak de Priester
Na 20 suksesvolle jare in die vermaakbedryf, het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie.
As jy nog nooit ‘n bondel energie gesien het nie, hier is een! Lizz Meiring het genoeg energie vir ‘n hele netbalspan…

Marinda Engelbrecht
Leer ken die teaterregisseur, voedsel-TV-aanbieder en kookboekskrywer Marinda Engelbrecht.

Marion Holm
Marion Holm doen sedert 2004 eenvrouvertonings wat haar as een van die land se beste aktrises gevestig het.

Pedro Kruger
Daar is een kunstenaar in Suid-Afrika wat al hierdie blokkies afmerk: Pedro Kruger. En in sy vertoning hou hy niks terug nie.
Gelukkige kliënte
Ure vol vermaak
Jare in diens
Produksies
Artist Warehouse is ook ‘n produksiehuis en het onder andere die volgende produksies vervaardig (sommige alleen en sommige in samewerking met ander vervaardigers):
- DOBBEL – in samewerking met Retief Scholtz Produksies
- Stuur groete vir Ma – in samewerking met Hannes van Wyk
- Non met vakansie – in samewerking met Greenroom Industries
- Geheime Taal – in samewerking met Lizz Meiring
- Met ander Woorde – in samewerking met Lizz Meiring
- Canapes, Cocktails & Crooners
- Brandy Bokkoms & Blues
- Ben Babsie & Familie

Artist Warehouse verteenwoordig
‘n groot verskeidenheid van sterre in die vermaaklikheidsbedryf.
Sangers • Dansers • Komediante • Motiveringsprekers • Seremoniemeesters
Artist Warehouse verskaf vermaak
vir onder andere die volgende
Feeste • Damesoggende • Skoonheidskompetisies • Fondsinsamelingskonserte • Winkelsentrumpromosies • Korporatiewe Jaareindfunksies





