
Jak de Priester
Jak is ‘n baie diverse kunstenaar (en akteur!) wat graag van dorp tot dorp toer met sy vertonings vol komedie, nostalgie en natuurlik die beste van alles, ‘beautiful’ musiek!
Na twee-en-twintig suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie. Mense ken hom as ‘n Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid.
Jak se loopbaan het begin in 2002 nadat hy die ATKV Crescendo kompetisie gewen het, en dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld ‘Sally Williams Nougat’ op te neem.
Tans is hy besig met ‘n nuwe televisie reeks ‘Koppieteefontein’ waarvan hy natuurlik die aanbieder is en ook die temalied sing en dit geskryf het.
Hy skryf verder die temalied vir die Afrikaanse film ‘Hoener met die rooi skoene’ wat in Januarie 2017 vrygestel is, asook liedjies vir die gewilde Afrikaanse film ‘Semi-Soet’.
Jak is ook die skrywer en sanger van die temalied van die bekende Afrikaanse dramareeks ‘Binnelanders’ wat uitgesaai word op KYKNET. Hy skryf ook die temalied vir die KYKNET programme ’10 uit 10’ sowel as vir die gewilde program ‘Reis na Gister’ waarvan hy ook die aanbieder was sedert 2012.
Dit is veral die lirieke van sy musiek waarby gehore aanklank vind omrede dit gaan oor gebeurtenisse waarmee meeste mense kan vereenselwig.
Jak skryf ook maandeliks vir die bekende media webtuiste Maroela Media.
Jak is ‘n baie diverse kunstenaar (en akteur!) wat graag van dorp tot dorp toer met sy vertonings vol komedie, nostalgie en natuurlik die beste van alles, ‘beautiful’ musiek!
Die musiekbedryf het vir hom baie geleer oor geduld, mislukking, stres, sukses en geloof, maar hy glo nog altyd dat musiek enigiets kan gesondmaak.