Artist Warehouse

Pedro Kruger MAIN min

Pedro Kruger

’n Klavierkuier met Pedro

Om die regte gaskunstenaar te kry vir jou funksie kan daardie funksie maak óf breek.  Jy is op soek na iemand wat die gehoor onmiddelik in die palm van sy hand het.  Jy soek iemand wie se stories die gehoor van hulle stoele kan laat val soos hulle lag.  Wat van ’n paar stiller oomblikke, waar jy dalk hard moet sluk aan daardie knop in jou keel?  En liedjies wat die hele gehoor ken, van nostalgiese treffers tot by vandag se radioliedjies. En dit sal lekker wees as die man ook ’n instrument kan speel…op ‘n unieke manier, agter ‘n klavier.  Dit sal ook goed wees as hy ’n bedrewe seremoniemeester is.  As hy dan nog boonop een van die mees ervare vermaaklikheidssterre in die land is, wat met enige gehoor kan praat, dan is dit ’n bonus.


Daar is een kunstenaar in Suid Afrika wat al hierdie boksies tiek: Pedro Kruger. En in sy  vertoning ’n Klavierkuier met Pedro, hou hy niks terug nie. 


’n Klavierkuier met Pedro, vat die gehoor op sy eie grootwordreis wat skreeusnaaks is, maar ook stiller oomblikke vol lewenswaarhede bevat. En natuurlik skuif hy met tye agter die klavier in en sing sy verwerkings van sy grootword liedjies. Onthou jy Clout se Save me, en ander 80’s treffers . David Kramer se Klop Klop en Skipskop , Billy Joel se Painoman ?  Hulle vind almal ’n plek in Pedro se lewensreis, saam met meer onlangse liedjies van onder andere Ed Sheeran. 


Lees wat dink Loriane Verwey van Somerset Wes nadat sy ‘n vertoning gesien het:  

“Ek dink nie die woordeboek het die regte woord om die aand te beskryf nie…dit was een om te onthou…jy was net ongelooflik! Elke man en vrou by die funksie sal saam met my stem. Was awesome om saam “down memory lane” te beweeg en “normale huistaal” soos “die tiekieboks” weer te hoor….die lekker lag was net die regte medisyne! Jou skreeusnaakse army dae stories sal ek nooit vergeet nie. En jou klavierspel is net verbysterend. Bly die amazing mens wat jy is, want jy is awesome”.