Artist Warehouse

Frank Opperman

Frank Opperman

Andriëtte het Afrikaanse musiekliefhebbers oorrompel en vroeg reeds in haar loopbaan sukses

behaal.

Dit is te danke aan karakters soos “Ouboet,” “Yster Swart,” “Kaptein Blitz,” en “Ds. Tienie Benade” dat Frank Opperman een van die bekendste en gewildste akteurs in ons land is. Oor die jare het mense Frank leer ken deur sy kleurvolle karakters, en daardeur het hy ‘n huishoudelike naam geword.

Mense onthou nog vir Ouboet en Poeksie, en in jou geestesoog verskyn Ouboet met sy bekende “breker-waggel” stappie, skouers vooroor gegooi.


“Poeksie Woeksie se Woepsie Wapsie Worsie” was meer as 25 jaar gelede vir die eerste keer op TV gehoor. Hierdie kenmerkende frase het saam met Ouboet en dus Frank Opperman deel geword van die volk se kollektiewe geheue.
“Sê wat?” Frank hoor dikwels mense sê. Hulle wil die bekende rympie van Orkney Snorknie hoor en dan gee hy dit vir hulle.

 

Frank Opperman het sedert die dae van Orkney Snork Nie talle ander TV-rolle en in talle verhoogproduksies vertolk. Sommige hiervan sluit in Die Vierde Kabinet, Gautengeleng, Pandjieswinkel, Munisipalieit van Gwara Gwara, Vlug na Egipte, Terug na Egipte, en natuurlik die nuutste Nêrens, Noord-Kaap, wat die verbeelding en harte van mense aangegryp het.

 

Die verhoog is Frank se speelplek. Geen wonder produksies soos Die Uwe Pottie Potgieter (168 vertonings), Wyk 14 (98 vertonings), en Rooikaart (160 vertonings) was so suksesvol nie.
Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere saamgespan om eenmanvertonings te skep: Dana met die pen en Frank op die verhoog. Hulle is ’n formidabele duo wat mense regoor die land vermaak. Ons onthou programme soos Klaagliedere van Dominee Tienie Benade, wat selfs op die grootskerm deurgedring het, en ander eenmanvertonings soos Hond, Donkie, en natuurlik die nuutste treffer Reünie.


Afgesien van teater, het Frank nog ‘n groot liefde: musiek! “Ek is ’n closet-rockster. As ek groot is, gaan ek ’n kitaarspeler wees,” sê Frank. Twee CD’s is vrygestel, en musiek maak bly een van Frank se “guilty pleasures.”

 

By die huis is hy ‘n pa, ‘n lewensmaat en iemand wat die lewe geniet en voluit leef.