Artist Warehouse

Dieter Voight

Dieter Voigt leef die woorde waarmee hy ander inspireer.   Hy leef VOLUIT!!

Dit is die man wat sy loopbaan begin as onderwyser, dan besluit om sy lyfmodel te hou en die Mnr Suid-Afrika se kompetisie te wen.

 

Sy talent en deursettingsvermoë het hom gedryf om sy eie drome te begin najaag en kort voor lank was hy ‘n bekende gesig op televisie en in vermaaklikheidskringe.

 

Sy aantreklike voorkoms en natuurlike sjarme neem hom na die Mnr Wêreld-kompetisie, besorg hom ‘n plek as model in die internasionale mode katalogusse

 

Op die internasionale front maak hy sy merk met mode advertensies vir SWAGG klere reeks, Think 20 en Vital Magazine se voorblad, asook die gesig van die Fatface UK reeks se veldtog.

 

‘n Droom word bewaarheid toe hy sy boek “Ek dare jou…leef voluit!” publiseer asook sy troue met sy groot liefde, Martelize van Niekerk en daarna natuurlik die geboorte van hul twee kinders.

Vandag is Dieter ‘n persoonlike fiksheidsinstrukteur en help ander mense om goed te voel en goed te lyk. Sy kliënte strek van privaat individue tot korporatiewe kliënte en atlete. Jongmense bly steeds sy passie.

 

Dieter praat ons taal…

 

Met al die lewenservaring en wysheid wat Dieter geleer het by die mense wat sy pad gekruis het, het hy besluit dit is tyd om terug te gee en ‘n motiveringspreker te word.

Tydens sy praatjies “Die Vroue Op My Pad”, “Be Your Own Hero” en “Ek Dare Jou…Leef Voluit!” motiveer hy manne,  vroue en kinders van alle ouderdomme.   Dieter lééf in hierdie wêreld saam met (jong)mense.

 

Sy boodskap is eenvoudig:  Gryp die lewe aan, ongeag jou omstandighede!

Sy strewe was en is nog altyd om mense te help om aan hul drome gestalte te gee, hulle te inspireer om hul volle potensiaal te bereik en hulle uiteindelik te motiveer om kampioene te wees in die wedloop van die lewe.

 

 Dieter is ‘n man met ‘n honger vir die lewe self.

 Vir hom het die lewe maar nog net begin!