
Marinda Engelbrecht
Leer ken die voormalige teaterregisseur wat kos-TV-aanbieder en kookboekskrywer Marinda Engelbrecht geword het, terwyl ons agter die eksperimente inloer wat haar die koningin van die kombuis maak.
Marinda het foodie-faam verwerf as ‘n finalis op die eerste seisoen van die werklikheidskookprogram Kokkedoor op kykNet in 2014, en het sedertdien naam gemaak vir haarself as ‘n gebakhandelsmerk, en gasvrou vir haar eie reeks op die DSTV-kanaal VIA, “Maklik met Marinda”.
Daar was ook programme soos “Stoofstories” en “Laat die potte prut”. In laasgenoemmde span Marinda kragte saam met die akteur Alvin Bruinders.
Marinda het ‘n besondere liefde vir kinders en daarom is sy vir baie jare reeds betrokke by kinderteater. Sy het ook twee kinder kookboeke geskryf. Sjef Sout en Prof Pretzel kuier graag saam met die maats en leer kook onder Marinda se wakened oog. Daar is twee muppet grootte poppe wat deel is van die aanbieding. Verder is daar kostuums van Sjef Sout en Prof Pretzel wat vir 2 leerders aangetrek kan word! Lewensgroot! Dit is die twee karakters in die kookboeke. Daar is twee opsies vir die kinderaanbieding: ‘n koekie versier element en dan ‘n eksperiment uit die kookboek.
Die ander opsie is volledige kookklasse vir ouer kinders.
MY MELK KOOK OOR
Marinda het amptelik haar kosreis in haar ma se kombuis begin, waar haar oortuiging dat “kook sonder liefde nie die siel sal voed of bevredig nie” gekoester is.
Die trotse ma en ouma, beskou kos as haar liefdestaal en glo dat dit wat op die tafel is nooit belangriker is as dié rondom dit nie.
Marinda doen graag ‘n motiveringspraatjie en/of demonstrasie by damesoggende. Die tema van haar aanbieding is “My melk kook oor. Wat druk vrouens in die rooi en hoe kan ons dit hanteer”.
Sy bring ‘n energieke en unieke ervaring waar Marinda nie alleen haar gehoor inspireer nie maar ook die potte en panne slaan en ‘n lekker kos demonstrasie by die kuier- mengsel ingooi.
Bring jy net hope entoesisme as bestandeel saam en Marinda sal sorg vir die res tydens die
60 – 90 minute kuiertjie saam met haar gaste!
Dit is die perfekte aanbieding waar mans en vroue in ‘n unieke omgewing mekaar beter kan leer ken, verstaan en ook inspireer.
Kry die koekrollers reg en laat die pret begin! Bespreek vandag nog vir Marinda Engelbrecht!