
Hannes van Wyk
TV-aanbieder, motiveringspreker en akteur
Sjarmant – Stylvol – Veelsydig – Snaaks – Passievol
Hannes van Wyk, die geliefde aanbieder van Kwêla, is soos ‘n ou vriend wat gereeld by ons in die sitkamer kom kuier. Of hy nou op die ikoniese Kwêla-bank gesels, of ons saamneem na die huise van Suid-Afrika se mees bekende, berugte, geliefde en gewilde sterre, hy voel altyd soos familie.
Vir jare al is Hannes ‘n bekende gesig op televisie en verhoog, met talle benoemings en toekennings vir sy akteurswerk. Hy glo ‘n mens in die vermaaklikheidsbedryf moet verskeie aspekte daarvan bemeester. Deur sy glansryke loopbaan het hy nie net voor die kamera en op die verhoog gestaan nie, maar ook baie regie gedoen en programme vervaardig.
Maak gereed vir DIE MEES GENOTVOLLE BESOEK WAT JY IN 2025 SAL BYWOON!
Berei jou voor vir ‘n aand vol lag, warmte en ‘n tikkie romanse met Hannes en Coenraad Rall se splinternuwe vertoning, “Hartsbriewe”! Met betowerende musiek deur Coenraad Rall as pianis, en Hannes van Wyk wat ‘n heerlike versameling briewe voorlees wat die snaakse, eienaardige en roerende kante van liefde verken—of dit nou romantiese liefde, familiebande of bloot liefde vir die lewe is! Dis ‘n mengsel van musiek en stories wat die dinge vier wat ons harte vinniger laat klop. Verwag breë glimlagte, ‘n paar verrassings en hope lekker-voel-oomblikke!
“SIELSKOS” – Sy spontaniteit, vernuf en sjarme maak Hannes van Wyk ‘n baie gewilde en geliefde mens, en by damesoggende kan jy nie vir ‘n beter of meer inspirerende spreker vra nie. In sy aanbieding en motiveringspraatjie “SIELSKOS” fokus hy op die vroue wat sy lewe aangeraak het of wat hom beweeg en inspireer. Hy raak mense se harte en emosies, maar sorg ook vir baie lag en humor.