
Wynand van Vollenstee
Of dit nou ‘n korporatiewe funksie, fondsinsamelingprojek, verjaardag of sommer net ‘n kuier met pêlle is, Wynand is gereed om jou allerdaagse lewe te onderskep en grappenderwys die ernstige kant van die lewe uit ‘n ander persfektief te bekyk!
Van ‘n jong ouderdom af was Wynand betrokke by die uitvoerende kunste en het hy verskeie toekennings as jong akteur en sanger ingepalm.
Hy begin sy professionele loopbaan met sy eerste vollengte film Karate Kallie. Verdere films soos Superhelde, Platteland en Babalas het gevolg.
Wynand het verskeie TV-rolle vertolk en was te sien in programme soos Getroud met Rugby, Villa Rosa, Erfsondes, Munisipaliteit van Gwarra Gwarra en Vir Beter of Baie Beter.
Almal onthou natuurlik ook vir Gielie in Willie Esterhuysen se kykNET komedies Ouboet & Wors,Huis Lelieveld,en onlangs Vetkoekpaleis 2.
Op die verhoog het Wynand nog altyd tuis gevoel en speel in produksies soos Hoe Later Hoe Kwater, Ons Vir Jou, Hotel Hel en My Vrou se Man se Vrou, Non met vakansie en My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou, Baba met die badwater, en vele meer.
Sy eerste eenmanvertoning ‘N GEWIGTIGE SAAK maak sy debuut in 2018 – geskryf deur Wynand met die regie deur Lizz Meiring gevolg deur die treffer produksies Geen Salf Te Smeer en Groet Die Grotman 2 waarmee hy die land plat getoer het.
Wynand loop oor van lewenslus en om te lag en ander te laat lag is deel van sy DNA en sy energie op die verhoog spreek tot almal in die gehoor!
LAAT ONS LAG IN 2025 saam met Wynand van Vollenstee.