Artist Warehouse

Marion HOlm NEW

Marion Holm

Dis Marion se alledaagse doen en late wat haar vertonings so menslik en lewendig maak.  Sy praat oor dinge wat almal ervaar of kan herken, asof sy net met jóú praat.

Sedert 2004 doen Marion Holm eenvrouvertonings wat haar gevestig het as een van die land se beste aktrises en storievertellers in Afrikaans.  Vir ses jaar was sy almal se geliefde “Sussie”. Daarna volg ‘n hele string solovertonings soos onder andere “Met die Holm gebore”, “Holmakiesie”, “Die Kaap is weer Holms” en “Operasie Holm”, die een meer suksesvol as die ander. 

 

Haar stories kom op ‘n streep na haar toe aan uit die gewone lewe. Dis Marion se alledaagse doen en late wat haar vertonings so menslik en lewendig maak.  Sy praat oor dinge wat almal ervaar of kan herken, asof sy net met jóú praat.

 

 

Jy kan vir Marion bespreek om op te tree by jou fees, teater of organisasie. Dit is makliker en meer bekostigbaar as wat jy dink. Jy bespreek en ons daag op met Marion se nuutste vertoning om jou gaste of kliënte te vermaak. Of bespreek Marion as seremoniemeester vir enige geleentheid onder die son en ons werk saam met jou om te verseker jou funksie verloop seepglad.