Artist Warehouse

Kwêla Makietie

Die jaarlikse kykNET & Kwêla Dorp van die Jaar Makietie waartydens die wendorp ‘n opskop hou om hul nuwe status as wendorp in die betrokke jaar te vier.  Ons reël daardie opskop – van sangers en kykNET sepiesterre tot tente en tafeldoeke! Dorpe waar ons hierdie geleentheid help organiseer het sluit in Swakopmund (2019), Kareedouw (2020), Greyton (2021), Kroonstad (2022), Delmas (2023) en Heidelberg (2024).

Aardklop Kunstefees

Sedert 2016 het Artist Warehouse die groot voorreg om die skedulering en bestuur van die buitelug musiekverhoog vir die Aardklop Kunstefees te hanteer, met nie minder nie as 60 verskillende kunstenaars wat in die verloop van die feesweek optree. 

Kirkwood Wildsfees

In 2011 het ‘n fantastiese vennootskap met die Kirkwood Wildsfees begin en vir 8 jaar lank was Artist Warehouse eksklusief verantwoordelik vir die samestelling van die musiekprogram, verhoogbestuur tydens die fees, die meer as 70 vlugbesprekings vir kunstenaars en hul geselskap, asook ander logistieke reëlings rondom die kunstenaars se vertonings.  Tot op hede verskaf ons steeds ‘n diens aan die Wildsfees en hanteer die vlugbesprekings vir die kunstenaars wat op die jaarlikse fees optree. 

AGGENEYS Fees

Elke jaar in November, bied Black Mountain Mining die Aggeneys Fees aan en ook hier staan die Artist Warehouse span jaarliks gereed om die programverloop vir die fees saam te stel met kunstenaars soos  Refentse, Master KG, Tarryn Lamb, Mafikizolo, Busiswa, DJ Arch Jnr, Boole en vele andere wat in die verlede al by die fees opgetree het.

 

Alle logistieke reëlings met betrekking tot kontrakte, vlugbesprekings, vervoer en akkommodasie, word deur ons kantore gefasiliteer. Die fees is ‘n hoogtepunt op ons jaarlikse program